![]() Wenera 12 model | |||||
Sendingtipe | Venus-wenteltuig / landingstuig | ||||
---|---|---|---|---|---|
Operateur | Soviet Academy of Sciences | ||||
COSPAR-ID | 1978-086A 1978-086C | ||||
SATCAT-nr. | 11025 12028 | ||||
Sendingstydsduur | Reis: 3 maande 6 dae Landingstuig: 110 minute | ||||
Ruimtetuigeienskappe | |||||
Ruimtetuig | 4V-1 | ||||
Lanseermassa | 4,457.9 kg | ||||
Begin van sending | |||||
Lanseerdatum | 14 September 1978 02:25:13 UTC | ||||
Vuurpyl | Proton-K/D-1 8K82K | ||||
Lanseerplek | Baikonoer 81/23 | ||||
Einde van sending | |||||
Laaste kontak | 18 April 1980: Wenteltuig | ||||
Omwentelingsparameters | |||||
Verwysingstelsel | Geosentries | ||||
Perigeumhoogte | 177 km | ||||
Apogeumhoogte | 205 km | ||||
Helling | 51,5° | ||||
Venus-ruimtetuig | |||||
Ruimtetuigkomponent | Ruimtetuig | ||||
Omwentelingsinvoeging | 19 Desember 1978 | ||||
Venus-lander | |||||
Ruimtetuigkomponent | Landingstuig | ||||
Landingsdatum | 21 Desember 1978, 03:30 | ||||
Landingsplek | 7°S 294°O | ||||
| |||||
Wenera 12 (Russies: Венера-12 wat Venus 12 beteken) is 'n onbemande Sowjetse ruimtetuig wat deel van hul Wenera-ruimteprogram was om Venus te verken. Dit is om 02:25:13 UTC op 14 September 1978 gelanseer.[1]
Die landingstuig het op 19 Desember 1978 van die satellietbus geskei en twee dae later die atmosfeer van Venus binnegedring op 21 Desember teen 11,2 km/s. Gedurende die daalfase was aerodinamiese remme en valskerms gebruik om die snelheid te verminder en laastens atmoseerremme. Die landingstuig het 'n sagte landing gemaak om 06:30 Moskoutyd (03:30 Universele Tyd) op 21 Desember nadat dit vir ongeveer 'n uur gedaal het. Die snelheid waarmee die tuig die oppervlakte getref het was ongeveer 7 tot 8 m/s. Inligting was gestuur na die Aarde via die wenteltuig wat as 'n herhaler gedien het; dit het aangehou totdat die wenteltuig na 110 minute na landing buite reik geraak het. Die landingskoördinate was 7°S 294°E.[1] Wenera 11 en 12 het identiese instrumente aanboord gehad.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search